Sequel het ’n soeter taste | Son (2025)

Sequel het ’n soeter taste | Son (1)

Anel Alexander en Nico Panagio.

FOTO'S NETFLIX

SEMI-SOET was soos weerlig in ’n bottel, maar Semi-Soeter draai daardie einste bottel oop en die weerlig skiet uit!

Só beskryf Anel Alexander, een van die skrywers, asook een van die lead actors in Semi-Soet, die sequel.

Semi-Soeter word op Vrydag 20 Junie op Netflix uitgereik en aanhangers van die 2012-film sit op die punte van hulle stoele om te kyk of dié weergawe die oorspronklike een gaan oortref.

In die vervolg volg die romantiese komedie Jaci (gespeel deur Anel) en JP (gespeel deur Nico Panagio) terwyl hulle die realiteite van die huwelik, loopbaandruk en die verwagtinge om ’n gesin te begin, navigeer.

ADVERTENSIE

Terwyl hulle eens moeite­lose verbintenis getoets word, moet hulle ’n belangrike besluit neem: Kan hulle dit alles hê, of sal hulle ambisies ten koste van hulle gelukkige einde kom?

Volgens Anel was dit nooit die plan om ’n vervolg te doen nie omdat dit heeltemal mal is om iets wat so goed gewerk het die eerste rondte, te probeer oortref. Sy sê uit ervaring weet ’n mens dat sequels altyd slegter is as die oorspronklike.

“Toe die geleentheid opduik, het ek en my man, James, lank gedink oor die konsep en toe net besluit om dit te doen. En hier is dit nou, ses jaar later.”

Anel en Sandra Vaughn, wat ook die rol van Carla vertolk, het toe begin skryf.

ADVERTENSIE

“Liewe genade, en toe gebeur Covid. Dit was boonop ’n uitdaging om die cast bymekaar te kry en ons wou dit net doen met die oorspronklike ensemble. Dis die magic van Semi-Soeter: die cast.”

Sequel het ’n soeter taste | Son (2)

Nico Panagio word net beter met tyd.

Uiteindelik het hulle almal bymekaar gekry en het in Oktober 2023 begin skiet aan die produksie ... 84 scripts later, voeg Anel laggend by.

Die enigste ding wat oorgebly het van die aanvanklike script is die openingstoneel van die film. Die res is intussen herskryf en verwerk.

Volgens Nico sal kykers baie hou van hoe die karakters deur die jare ontwikkel het — iets wat baie opvallend is, is hoe almal ouer is en hulle in ’n heel nuwe fase van hulle lewe is.

“Almal het teen die tyd al ’n hele leeftyd agter die rug. Dis ’n progressie van waar ons destyds was en waar ons nou is.”

Dit was belangrik vir die span om te wys watter gevolge ’n leuen kan hê, soos met die eerste fliek.

Een van die belangrikste temas wat Semi-Soeter aanraak, is ’n work/life balance en hoe ’n mens se ambisie gevolge kan hê vir jou gesinslewe en jou verhouding.

“Die fliek leer ’n mens dat aan die einde van die dag is al wat belangrik is, die mense in jou lewe, verhoudings en familie.

“Die gejaag van die lewe kom en gaan, maar die ander goed bly jou fondament,” verduidelik Anel, wie se man in 2023 sy kankerstryd verloor het.

Sequel het ’n soeter taste | Son (3)

Anel Alexander is die skrywer en vertolk ook een van die leads.

Waarna kan kykers uitsien?

Nico antwoord: “Wanneer laas het jy gesmile, gelag en lekker warm gevoel van binne nadat jy ’n fliek gekyk het?

“Dis wat kykers kan verwag. Iets vir die hele familie. ’n Lekker kontras tussen ligte komedie en die eintlike drama.”

  • Bly op hoogte van die jongste nuusgebeure. Volg Son Koerant se WhatsApp channel hier.
Sequel het ’n soeter taste | Son (2025)
Top Articles
Latest Posts
Recommended Articles
Article information

Author: Edwin Metz

Last Updated:

Views: 6111

Rating: 4.8 / 5 (78 voted)

Reviews: 85% of readers found this page helpful

Author information

Name: Edwin Metz

Birthday: 1997-04-16

Address: 51593 Leanne Light, Kuphalmouth, DE 50012-5183

Phone: +639107620957

Job: Corporate Banking Technician

Hobby: Reading, scrapbook, role-playing games, Fishing, Fishing, Scuba diving, Beekeeping

Introduction: My name is Edwin Metz, I am a fair, energetic, helpful, brave, outstanding, nice, helpful person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.